Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 22 OKTOBER 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend se bulletin met nuus van ‘n stil sleutel

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Poppie Meyer, ZS6BCP, gedurende die week stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan haar man Hansie, ZS6AIK, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

SARL TOEKENNINGS
DIE CQ WW DX KOMPETISIES


Bly ingeskakel vir n vol gepakte bulletin en meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

NUWE VENUE VIR KAAPSTAD SDR WERKSWINKEL

Weens probleme op die CPUT-kampus is die venue vir die SDR-werkswinkel wat op 4 November in Kaapstad gehou word, verander. Die werkswinkel sal nou by die Oakdale Klub, Bloemhofweg 80A, Bellville, Kaapstad gehou word. Bespreking vir die werkswinkel sluit op 25 Oktober 2017. Vir besonderhede besoek www.amsatsa.org.za. Ook sal koffie bedien word en na die werkswinkel sal die restaurant en kroeg geriewe beskikbaar wees vir middagete. Dankie aan Georg en Dirk vir die organiseer van hierdie alternatiewe venue!

SARL TOEKENNINGS

Weet jy van 'n radio amateur wat buiten gewone of uitstaande diens aan die Suid-Afrikaanse Radioliga of aan Suid-Afrika gelewer het deur middel van radio wetenskap of radio wetenskap self, of amateur radio in die algemeen, of dat hy of sy 'n lid van die Liga vir 'n ononderbroke tydperk van 20 jaar en gedurende daardie tyd het lang en verdienstelike diens aan die Suid-Afrikaanse Radioliga gelewer het en die Suid-Afrikaanse Radioliga altyd ten volle ondersteun in aangeleenthede wat daarmee verband hou? Wel, wat van 'n nominasie vir hierdie radio amateur as 'n Ere Lewens lange lid van die SARL.

Die Willie Wilson Goue Kenteken word toegeken op 'n besluit van die Raad of 'n besluit van 'n algemene jaar vergadering aan 'n radio amateur vir uitsonderlike en verdienste diens aan die Liga.

Die Jack Twine Meriete Toekenning erken eienskappe soos onselfsugtigheid, skoon operasie en 'n ware belangstelling in amateur radio en sy sake. Hierdie toekenning word gemaak aan amateurs wat na die mening van hul mede-amateurs en/of die Liga se Raad, die eienskappe wat wenslik is in 'n radio amateur uit beeld. Dit sal toegeken word by 'n Raads besluit, met dien verstande dat 80 persent van die raadslede wat teenwoordig is en saamstem; of op 'n voorstel, met volle motivering en onder teken deur 10 lede van die liga in goeie stand.

Die Icom Uitmuntendheids-toekenning word jaarliks deur die Raad aan die SARL-lid toegeken wat deur sy/haar aktiwiteit in die Amateur radio diens internasionale erkenning aan Suid-Afrika gebring het deur of die bereiking van 'n BHF/UHF lang afstand rekord wat internasionaal deur die IARU erken word. Of deur diens aan die Republiek van Suid-Afrika of die SARL op die gebied van wetenskaplike navorsing met behulp van die amateur spektrum, of in die bevordering van die amateur diens Internasionaal of wat die Raad van tyd tot tyd mag bepaal.

Die Barney Joel-trofee word deur die Raad aan enige lid van die Suid-Afrikaanse Radioliga toegeken vir die beste vertoning gedurende die jaar terwyl hy HF-mobiel werk. Hierdie toekenning kan gemaak word vir vertoning deur 'n individu in ‘n tydren of 'n ander openbare geleentheids kommunikasie, ens.

Die Arthur Hemsley 2 Meter-Trofee word deur die Raad aan 'n Radio Amateur toegeken vir sy individuele prestasies met uitsendings in die 2 meter-amateur band. Hierdie toekenning word gemaak vir buiten gewone prestasie op EME of modusse soos Troposferiese voortplanting. Dit is nie vir die langste afstand gewerk nie, maar vir volharding om iets spesiaals op 2 meter te behaal.

Die Bert Buckley Ses Meter Trofee word deur die Raad aan enige radio amateur toegeken vir sy/haar individuele prestasies met uitsendings in die ses meter amateur band. Hierdie toekenning is nie vir die langste afstand gewerk nie, maar vir uitstaande werk of aktiwiteit op ses meter.

Die Radio ZS Vier Meter Wissel Trofee word deur die Raad aan enige SARL-lid toegeken vir sy individuele prestasies met uitsendings in die 40 en 70 MHz-amateur bande. Hierdie toekenning is nie vir die langste afstand gewerk nie, maar vir uitstaande werk of aktiwiteit.

Die Radio ZS Twee Meter Wissel Trofee word deur die Raad toegeken aan die amateur wat die langste afstand op die 2 meter-band gedurende die jaar behaal het.

Die Joseph White Plak word deur die Raad aan enige SARL-lid toegeken vir uitsonderlike prestasies in die 432 MHz-band gedurende die afgelope jaar. Hierdie toekenning is nie vir die langste afstand gewerk nie, maar vir algehele prestasies.

Jou nominasie vir bogenoemde toekennings moet die SARL Sekretaris bereik teen 31 Januarie 2018.

NUWE FREKWENSIE VIR AMATEUR RADIO TODAY

Die frekwensie van die Maandag 18:30 plaaslike tyd uitsending van Amateur Radio Today sal van Maandag 30 Oktober 2017 na 4 895 kHz verander. Die uitsendings op Sondae om 10:00 sal op 7 205 en 17 760 kHz bly. Ontvangsverslae word uitgenooi, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.co.za.

DIE SARL EREGALLERY EN DIE VERLORE SK PIONIER

Daar is talle Eregallery in die węreld, insluitend amateur radio, wat die verskillende velde van prestasies dek, waar hul eer betoon aan hul vroeë pioniers wat nou Stil Sleutels is. Agt Stil Sleutels is gedurende 2016 en 2017 in die SARL Eregallery opgeneem, maar die eerste gelisensieerde radio amateur en pionier in Suid-Afrika, ook 'n Stil Sleutel, is weggelaat.

Sy naam is William Edward Dixon Bennett (A3V, ZS4F, ZS4W, ZS5EG) wat die eerste Suid-Afrikaanse geskiedenis van amateur radio-vonk uitsendings geskryf het voor die Eerste Węreldoorlog onder die titel "Amateur Radio in Retrospect", wat in Radio ZS herhaal is vanaf Augustus 1949. Hy word ook in die voorspel van Deel 1 van die nuwe reeks getiteld "Geskiedenis van Amateur Radio van die Eerste Węreldoorlog tot die Tweede Węreldoorlog" in Radio ZS Augustus 2017 genoem. Laat ons hierdie oudstryder in die volgende rondte van die SARL Eregallery byvoeg word en wys hom die respek wat hy verdien.

SPESIALE KORTING OP BOEKE VIR SARL LEDE

'n Aantal ARRL-boeke is vir SARL-lede teen afslagpryse beskikbaar. Vir besonderhede besoek www.amateurradio.org.za en vermy die vertragings wat deur die Poskantoor en Doeane-diens veroorsaak word.

WĘRELD RADIOSPORT SPAN KAMPIOENSKAP 2018 HET 63 SPANNE VIR VOLGENDE JULIE

Werld Radiosport Span Kampioenskap 2018 (WRTC 2018) organiseerders het die 63 spanne wat genooi is om deel te neem aan die internasionale byeenkoms volgende Julie in Duitsland, aangekondig. WRTC is 'n kompetisie tussen twee operateur spanne. Spanleiers is gekies vir elke kwalifiserende streek gebaseer op 2 jaar kwalifiserende kompetisie tellings. Spanleiers kan enige operateur as spanmaat kies.

"Dit sal 'n baie kompeterende veld wees. Die top drie spanne van WRTC 2014 in Boston sal weer deelneem aan die 2018-geleentheid!" sę Ulf Ehrlich, DL5AXX, wat die keuring proses hanteer.

President van WRTC 2018, Christian Janssen, DL1MGB, het gesę die organiseerders is bly om 'n mengsel van WRTC veterane sowel as eerste maal deelnemers onder die mededingers te sien. "Die spanne verteenwoordig meer as 35 lande en 'n wye reeks persoonlike agtergronde," het hy gesę. "Terwyl die fokus op die kompetisie sal wees, sien ons uit om gasheer vir die spanne te wees en tydens die WRTC-week 'n lekker gees saam met mededingers, organiseerders, vrywilligers en borge te vier."

Vyf geborgde spanne is reeds aangekondig. Die keuse van die jeug- en wildekaart spanne het 'n meer formele aansoek proses benodig en kon eers onlangs voltooi word, het organisasies van WRTC 2018 gesę. Sewe aansoeke kom van jeug spanne, wat deelnemers verteenwoordig wat jonger as 25 is. WRTC 2018 vind dieselfde naweek plaas as die IARU HF Kampioenskappe.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE CQ WW DX KOMPETISIES

Die CQ WW is die grootste Amateur Radio kompetisie ter węreld. Meer as 35 000 deelnemers is die laaste naweek van Oktober (ESB) en November (Gelykgolf) op die lug, met die doel om soveel moontlik kontakte met soveel verskillende DXCC entiteite en CQ Sones te maak.

Die ESB-kompetisie duur van 00:00 UTC op Saterdag 28 Oktober tot 23:59 UTC op Sondag 29 Oktober (of 02:00 SAT op Saterdag 28 Oktober tot 01:59 SAT op Maandag 30 Oktober). Die uitruiling is 'n RS-verslag en jou CQ-sone. Vir stasies in Swaziland, Bouvet-eiland, Lesotho, Botswana, die SANAE-basis in Antarktika, Namibië, Zimbabwe, Tristan da Cunha en Gough-eilande, Suid-Afrika en die Prins Edward en Marion-eilande, is dit Sone 38.

80 M QSO GESELLIGHEID RESULTATE VERTRAAG

As gevolg van die storm en skade aan Louis, ZS5LP se eiendom, sowel as onvoltooide of nie-leesbare logstate vir die 80 meter QSO Geselligheid, sal daar ongeveer 10 dae vertraging vir die finale uitslae wees. 'n Pleidooi aan die deelnemers, stuur asseblief jou logstate slegs in EXEL of WORD formaat.

UITSLAE VAN LENTE QRP KOMPETISIE

Die uitslae van die Lente QRP kompetisie is soos volg:

1ste ZS6WR - Wesrand ARK 936 punte
2de ZS6ZU - Hammies ARK 532 punte
3de ZS4DZ - Johan van Zijl 252 punte

Die volledige uitslae van hierdie wedstryd kan verkry word op die kompetisie bladsy op die SARL webwerf.

DIE TERAHERTZ SPEKTRUM
Die meeste radio amateurs is slegs aktief op die onderste 30 MHz van die hele radiospektrum, wat in totaal 300 000 MHz (300 GHz) dek. Gelukkig het 'n aantal amateurs ook op die BHF- en UHF-bande geëksperimenteer, terwyl slegs 'n paar gewag het om die SHF- en EHF-bande tot 241 GHz te verken. Radio-sterrekunde, militęre, kommersiële stasies, beide terrestriële of satelliet, sowel as wetenskaplikes het ondersoek ingestel en / of frekwensies beset in die mikrogolf spektrum. Die boonste punt van mikrogolfstraling oorvleuel die onderkant van die Diep infrarooi-straling en vir jare het niemand baie aandag gegee aan hierdie Terahertz-gaping wat 0,1 THz tot 10 THz dek nie, totdat hulle op die unieke eienskappe van hierdie sub-millimeter-bestraling gestruikel het.

Dit was met groot moeite dat hulle eers 'n paar milliwatt krag op Terahertz geproduseer het. Waterdamp in die lug beperk normaalweg kommunikasie tot sowat 10 meter, maar dit is nie 'n probleem in die ruimte of in die hoogliggende plekke nie, soos die infrarooi teleskoop by Alma, Atacama, Peru. Terahertz kan deur mure sien en is 'n plaasvervanger vir X-strale sonder sy stralingsgevaar, insluitend baie ander gebruike. Radio-amateurs het reeds twee rigting-kontakte in Duitsland en die VSA gemaak, bo 400 GHz tot 'n maksimum afstand van 1,4 km. Tydens die Węreld Radiokommunikasie Konferensie wat vir 2019 geskeduleer is, sal frekwensiebande van 275 - 450 GHz aan die verskillende radio dienste toegeken word, insluitend amateur radio.

SJINESE CAS-4A EN CAS-4B AMATEUR RADIO SATELLIET TRANSPONDERS GEAKTIVEER

Die amateur radio-lineęre (ESB/Gelykgolf) omkeer transponders op die CAS-4A en CAS-4B satelliete is op 18 Oktober geaktiveer. CAMSAT se amateur radio-loonvragte wat op 15 Junie gelanseer is op die optiese afstands waarnemende mikro-satelliete OVS-1A (CAS-4A) en OVS-1B (CAS-4B).

CAS-4A (roepsein BJ1SK) het 'n gelykgolf telemetrie baken op 144,855 MHz en 4,8 kB GMSK telemetrie op 145,835 MHz. Die opskakel is 435,220 MHz, die afskakel is 145,870 MHz (20-kHz-bandwydte).

CAS-4B (roepsein BJ1SL) het 'n gelykgolf telemetrie baken op 145,910 MHz en 4,8 kB GMSK telemetrie op 145,890 MHz. Die opskakel is 435,280 MHz, die afskakel is 145,925 MHz (20-kHz-bandwydte).

PRETORIA AMATEURRADIOKLUB SNUFFELMARK

Die Pretoria Amateurradioklub, ZS6PTA, hou hul laaste snuffelmark vir 2017 op Saterdag 28 Oktober 2017 by hul gebruiklike plek by die Pretoria Ou Motorklub in Keuningstraat, Silverton. Die aanvangstyd is 10:00. Hekke sal vir verkopers om 09:30 open. Die bekende boereworsrolle en iets te drinke sal weer beskikbaar wees. Almal is welkom. Vir enige navrae oor die Pretoria Amateurradioklub se snuffelmarkte, kontak asseblief vir Almero du Pisani, ZS6LDP op selfoon nommer 083 938 8955 of stuur 'n e-pos aan almero@up.ac.za

HF VOORTPLANTINGS VOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van elf vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid vir 'n paar 10 m openinge. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

22 Oktober – Jamboree op die Lug
04 November – RADAR Uitdaging en die Kaapstadse SDR Werkswinkel
05 November – PEARS HF DX kompetisie
17 November – ZS40VDK Bash
18 November – Antieke Draadloos Vereniging se museum ope dag, snuffelmark en AJV
18 November – Bo Karoo ARK AJV
25 November – SARL Newbie QSO Geselligheid

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Weens probleme op die CPUT-kampus is die venue vir die SDR-werkswinkel wat op 4 November in Kaapstad gehou word, verander. Die werkswinkel sal nou by die Oakdale Klub, Bloemhofweg 80A, Bellville, Kaapstad gehou word. Bespreking vir die werkswinkel sluit op 25 Oktober 2017. Vir besonderhede besoek www.amsatsa.org.za. Ook sal koffie bedien word en na die werkswinkel sal die restaurant en kroeg geriewe beskikbaar wees vir middagete. Dankie aan Georg en Dirk vir die organiseer van hierdie alternatiewe venue!

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003